4.2.08

Knokke-Heistse geveerde Abraham 'n kampioen

SUN CITY. – Vanjaar se geveerde “Olimpiese kampioen” heet Abraham. Dié wedvlugduif van die Knokke-Heistse eienaar Filip Norman het die afgelope naweek sy teenstanders behoorlik stertvere gewys. Dit het hom net agt uur en 36 minute geneem om van Trompsburg in die Vrystaat die Pilanesberg in Noordwes oor te steek, en sodoende die $200 000 (R1 481 716 miljoen) se wen­geld op te raap. Die Sun City Miljoen Dollar-duiwewedvlug is die Olimpiese Spele van internasionale duifwedvlugte, het mnr. Zandy Meyer, wedvlugdirekteur, gesê. Die 552 km wat die duiwe moet aflê, maak van die wedvlug die strafste een ter wêreld; 26 lande het deelgeneem. Altesame 2 866 duiwe is Saterdag om 06:00 naby Trompsburg vrygelaat. Die duiwe moet oor die Vrystaatse vlakte na die Pilanesberg vlieg. “Oriëntasie is die heel belangrikste eienskap van die duif,” het Meyer vertel. “Geen duif vlieg vinniger as die ander nie. Die duif wat die reguitste vlieg, wen. Sommige reken die duif gebruik die magnetiese velde van die aarde om sy rigting te bepaal. “Saam met die duif se goeie reuksintuig is dit sy vermoë om lae klanke te kan hoor wat hom verder help. Die geruis van die wind veroorsaak bepaalde klankpatrone waarvolgens die duif vlieg. Eienaardig genoeg is sig die minste belangrik vir ’n duif wanneer dit by oriëntasie kom. “Die grootste gevare vir die duif op die roete is mensgemaakte obstruksies soos hoëspanningsdrade en TV-antennas. “Roofvoëls pla nie regtig nie. In gelyke vlug is ’n duif vinniger as ’n roofvoël. ’n Roofvoël kan ook nie sy topspoed volhou soos ’n duif nie,” sê Meyer. In die aanloop na die groot wedvlug word ’n finale, gebalanseerde ertjie-, koring-, mielie- en sorghumdieet deur die geveerde deelnemers verorber. “Van Trompsburg behoort die duiwe twee keer te sak vir water. Op daardie afstand is kos nie belangrik nie.” Die duiwe doen die wedvlug net een keer, en daarna word hulle opgeveil. ’n Toets vir opkikkers word gedoen op die eerste drie duiwe wat land.

Kampioenduif komt niet terug naar Knokke-Heist !

Ondernemer en duivenmelker Filip Norman uit Knokke-Heist heeft met één van zijn duiven de Million Dollar Race in Zuid- Afrika gewonnen. Dat zijn de Olympische Spelen voor duiven zeg maar. Nog geen enkele keer deed een landgenoot hem dat voor. De overwinning leverde de duivenmelker 137.000 euro aan prijsgeld op. De duivenliefhebber kweekt zo’n 600 duiven op een terrein langs de Natiënlaan. Volgens de BBC is de winnende Abraham de kleinzoon van de wereldberoemde Zorro. De prijsduif heeft in 8 uur en 36 minuten een afstand van 552 km afgelegd. Aan de wedstrijd werd door 2.866 duiven uit 26 landen deelgenomen. Na afloop werd Abraham getoetst op doping. De prijsduif zelf zal Norman wellicht nooit meer terug zien, want die is na de wedstrijd verkocht. Het ouderpaar in Knokke-Heist kan echter wel nog voor dure nakomelingen zorgen. De verkoop van Abraham heeft volgens Filip Norman inmiddels 12.500 euro opgebracht. Dat is verbazend weinig! Volgens de Zuid-Afrikaanse krant “Die Burger” is zondag op een veiling al meteen een recordbedrag van 800.000 Rand (72.200 euro) neergeteld voor Birdy, die nummer tien (!) eindigde in de wedstrijd.

Foto: de winnende duif uit Knokke-Heist met wedstrijddirecteur Zandy Meyer (wedvlugdirekteur van die Sun City Miljoen Dollar-duiwewedvlug, met Abraham, die wenner).